Trevor Manuel sedert 1996 minister van finansies is een van Suid-Afrika se geliefdste politieke leiers. Hy word wyd bewonder vir sy knap hantering van die ekonomie en sy professionele leierskap. Hier vertel Pippa Green bekende joernalis en Nieman-genoot die volle verhaal van 'n man wat van 'n nederige begin tot in die kern van mag gevorder het.