Soek jy ân lekker hoenderresep? Die meeste mense hou van hoender en dis so maklik om gaar te maak. Boonop is dit ekonomies en veelsydig â koud of warm ewe lekker. Dis onthoukos van die roosterhoender op die Sondagtafel tot Ouma se hoenderpastei. Â In die boek neem Karen jou op ân toer deur haar Toorkombuis met ân verskeidenheid hoenderresepte.