Waar het alles so verkeerd gegaan? Sy het haar voorgeneem om nie soos Ma koud en afsydig teenoor haar man te wees nie. Om te veg vir haar huwelik. Ma het in die huwelik gebly in liggaam maar haar gees was nie daar nie. Sy was nog heeltyd in liggaam en gees daar. Sy het alles gegee altyd die vrede probeer bewaar nooit die appelkar omgegooi nie.