Tim-Tam is 'n wintie Australiese worshond met blou oe. Sy menssussies Sarah en Caitlin erf 'n hondebiblioteek en moet Suid-Afrika toe gaan om die erfporsie in besit te neem. En dis net hier waar die moeilikheid begin... Tim-Tam se Afrika-avontuur is 'n lekker humoristiese gesinsverhaal (vertel uit Tim-Tam se oogpunt) wat jonk en oud sal vermaak.