Tillie Appelpit die appelbloeiselwit kerkmuisie hou van kuier met haar vriende en is baie lief vir naaldwerk. Eendag bring haar vriendin opwindende nuus ... daar is 'n groot naaldwerkkompetisie op die dorp met uitstekende pryse om te wen! Dadelik is al hier vriende druk besig met naaldwerk en niemand word genooi vir tee nie.