Hy is sterk en slim. Hy is reg vir avontuur. Hy hou nie van boelies nie. Hy is 'n seun wat sonder 'n pa grootgeword het. Maar hy gaan nou sy pa vir die eerste keer ontmoet. Sy naam is Theseus en hy verslaan boewe. Theseus is 'n superheld wat in Antieke Griekeland geleef het.