Dis die Desembervakansie van 1983/84. Daar's troepe in Angola Lady Di is die mode-ikoon van die dag Geloftedag word nog met groot toewyding gevier - en vakansie is nie vakansie as daar nie iemand is om die beddens op te maak en die skottelgoed te help was nie.