Hierdie bundel bevat lesings oor die verband tussen taal en identiteit in Afrikaans en Nederlands. Deelnemers bespreek geskiedenis, standaardisering, beleid, meertaligheid en kulturele verwantskap. Die bydraes belig ooreenkomste én verskille tussen die twee tale en hul rol in selfbeeld en gemeenskapsvorming.