As kontreiverteller kan min mense by Dot Serfontein kers vashou. Haar smaaklike vertelstyl en sketse het van haar reeds dekades gelede 'n huishoudelike naam gemaak in menige Afrikaanse huise. Eers het haar populere sketse en kortverhale gereeld in die Sarie Marais verskyn en later in gebundelde vorm.