Twee verhale word in hierdie teks gelyktydig vertel: die van die skrywer se reis deur Angola tydens die herdenking van die Dorslandtrek en die geskiedenis van daardie epiese tog. De Klerk se lewendige verteltrant laat 'n veelbewoe stuk geskiedenis uit die stof van ou geskrifte opstaan.