Paul en Alicia was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd - Paul het 'n moord aanskou en Alicia het vir die eerste keer in haar lewe skool ge-bunk en in 'n vreemdeling se kar geklim. Die twee tieners van Bloemfontein word saam met ander jongmense gevange gehou in 'n luukse huis vol gruwels.