Claudie Thompson se storie begin in 1982 toe sy drie jaar oud was en vir die eerste keer die verskil tussen goed en kwaad leer ken het. Sy het ses boeties en een sussie maar net sy en haar broer Theuns deel dieselfde pa en ma. Haar lewe lank stry sy al teen die gene in haar bloed.