Die agtste en laaste deel van die reeks Kolonie aan die Kaap beskryf die agteruitgang en verval van die VOC en die gevolge wat dit vir Kaap gehad het gedurende die laaste kwarteeu van die VOC-bewind. Swanesang dek die tydperk vanaf die dood van goewerneur Rijk Tulbagh tot en met die eerste Britse besetting van die Kaap in 1795.