As daar een mens is wat weet wat 'n laerskoolkind laat tiek is dit Nedine Blom. Sy weet seuns en meisies is anders gewire en dit is ook duidelik in die manier wat sy beide geslagte hanteer in Supercool vir Jesus. Sy verstaan fasette van die moderne lewe wat jong kinder vandag moet hanteer en verduidelik dit in hulle taal.