Drie jong mense in 'n beknopte Johannesburgse woonstel. Om hulle rys toringblokke en mynhope. Die stad raas. Fabrieke spuug vuur. Maar die drie jonges bly onaangeraak deur die energie van geld en mag deur uithangborde wat lok deur ligte wat knipoog. Waarom is hulle so bedremmeld?