Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende werelde: Daar's 'n uitgebrande chirurg 'n bedroefde tipe A-prokureur haar opstandige studentedogter 'n oorgewig oorstelpte huisvrou en ma van drie en 'n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat.