Gebaseer op die radioverhaal-fenomeen: Rykmanseun Tiaan Reyneke pas vrygelaat na twee onskuldige jaar agter tralies neem sy intrek by sopkombuis-tannie Girly Lubbe se losieshuis in Newlands Johannesburg. Daar tuimel ou familiegeheime en geraamtes uit die kas wanneer twee uiteenlopende werelde bots. ân Verhaal propvol drama hartstog en humor.