Nie Suid-Afrika se 007 nie nee: hy het voor 007 op die toneel verskyn. Nie so tydloos as 007 nie nee: tydloser. Staal is ’n baasspeurder (baie privaat!) en (vanselfsprekend) ’n minnaar van formaat. Hy ry ’n swart Panther wat deur die nag snel terwyl Staal deur sy tande fluit en sy vingers liggies op die stuurwiel rus. Hoe anders?