Spooksoene is die verhaal van Micki (Muis) wat deur haar agterbakse vriendin Roxy geboelie word. Sy ontvang 'n geheimsinnige uitnodiging na die hotel op Skimbaai waar haar silwerdoekheld Voltaire-X se nuwe riller verfilm word. Micki brand om 'n rol teenoor Voltaire los te slaan maar het nie 'n kans teen die beeldskone Roxy nie.