Die speletjie se naam is Rebel. Die man by die speletjiewinkel se dis die speletjie van alle speletjies. Daar is 'n vampier-spinnekop aaklige monsters en hope aksie. Hanno en Ian kan nie wag dit te speel nie! Maar iets is fout ... Vreemde dinge begin skielik by die skool gebeur. Presies dieselfde dinge wat in die speletjie gebeur ...