In die begin het die Skepper die hemel en die aarde geskape en toe Hy by die Klein-Karoo kom se Hy: Laat daar bruin harde grond vaal bossies en klippers wees. Toe maak Hy 'n bietjie te veel daarvan en dit strek vir tweehonderd myl lank en eenhonderd myl breed. Ewentwel.