Die vroee 20ste eeu aan die Weskus. Klein Kattie hoor die familiestories: also oor hoe die voormense beroof is - en Pa wat slaap in die buitekamer! As kinderoppasser leer sy later 'n fyner lewe ken maar 'n onbesonne huwelik sorg dat Kattie se pad afdraai. Nes in Hoogty sien ons hier 'n brak lewenspad - maar tog met sy varswater-soetlope.