Só moes die Liefde ly is aanvanklik op versoek geskryf vir opvoering as ân projek om die lyding van Christus uit te beeld. Die opvoerings was baie geslaagd en nadat Charles Fryer die stuk verwerk het, word dit in die vroeë negentigerjare in die Kangogrotte by Oudtshoorn opgevoer. Dit is elke tweede Paasseisoen aangebied en behalwe Suid-Afrikaners, het mense van regoor die wêreld â Duitsers, Amerikaners en Nederlanders â hierdie weergawe van Jesus se lydingsgeskiedenis ervaar. Die teks is na die eerste opvoering heelwat uitgebrei en het nuwer en groter dimensies bygekry. Liedere, asook danstonele, is ingevoeg en die koor is vergroot van 20 tot ongeveer 50.