Want swart en droef die hoogste troef ... oor al wat roer is Skoppensboer - die laaste woorde wat Skoppensboer se slagoffers hoor voor hy hulle uitvee. Want as hy van iemand ontslae raak is dit asof hulle nooit bestaan het nie. En dus weet niemand wie Skoppensboer werklik is nie. Daarom word Rex Reynecke se hulp ingeroep.