Poesie vir plesier! Die bloemlesing met sy wye verskeidenheid gedigte sal leerlinge jonk en oud laat lus vir meer. Dit is 'n hersiene en bygewerkte uitgawe van die gewilde Poesie vir plesier wat in 1980 verskyn het. Die gedigte is uitgesoek deur die meesterhand van DJ Opperman en GHJ Coetzee het dit in afdelings geplaas en vrae bygevoeg.