Siegfried Landman is iets in die dertig. Sy lewe lank het hy saam met sy pa op 'n afgeleë plaas iewers in die Karoo gewoon. Maar dan op 'n dag sterf sy pa en moet Siegfried maak soos sy pa hom al die jare laat oefen het: gaan haal Wilhelm Smit (jare lank al 'n bywoner op hulle plaas) en gaan Kaap toe.