Die eerste sagtebanduitgawe van die bekende en geliefde bloemlesing is reeds in sy negende druk. Dit is nie net vir skool nie maar vir elke liefhebber van Afrikaanse gedigte. Hier word vir die eerste keer dekking gegee aan die werke van nuwer digters soos Annesu de Vos Petra Muller TT Cloete Charles Fryer en EWS Hammond.