Hierdie verhaal word deur twee vroue vertel: Miesa dogter van 'n boer op 'n plaas naby Vryburg en Siena die vrou wat Miesa help grootmaak het. Na die grensoorlog keer Miesa se pa as 'n gebroke man terug. Hy sit op die stoep en drink en kaarte speel terwyl die plaas vergaan.