Hulle't 'n bees gesteel by die wit man Rabie. Die bees se naam was Rooiland. Hulle't vir Rooiland geslag en feesgevier. Hulle drink uit die horings: Kilikijan die bloed Nongoloza die gal. Toe maak hulle 'n print van die wet op die vel. Op die vel van Rooiland.