Die Roebaijat van Omar Khajjam is ân groep Persiese kwatryne wat beroemd geword het toe ân Engelse vertaling van Edward FitzGerald in 1859 gepubliseer is. Sedertdien het dit al meer as 650 verskillende uitgawes en ân groot aantal herdrukke belewe.