In Rietspruit verbind Marais landskap vernuftig aan jeugherinneringe, familieverhoudings en die sosiale milieu van n plattelandse plaasgemeenskap. Hiervan getuig die duidelike verbande tussen emosionele impulse en landskap wat veral in gedigte oor die vader-seun-verhouding (as deel van wyer familieverwantskappe) duidelik blyk. In sommige landskapsverse is dit juis tasbaar sensuele (selfs erotiese) ervarings wat domineer