Met sy heel eerste verskyning op televisie as hoerskool-laaitie het Rian van Heerden reeds die volk die josie ingemaak. Sedertdien het hy dikwels koerantvoorblaaie gehaal - en is telkens afgedank! - vir sy omstrede uitlatings. In die boek skryf hy onbeskaamd oor al die goed wat mense meen hy eerder nie moes gese het nie.