As die 16-jarige Sarel du Toit se meisie hom laat staan vir 'n ou in matriek is hy vasbeslote om ook soos sy teenstander 'n Suid-Afrikaanse rekordhouer te word. Hy vra 'n swart atleet Simon Tau om sy oefenmaat te word en saam begin elkeen om sy eie doelwit te bereik.