Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis is 'n keur uit die rubriek Regsalmanak wat Gustaf Pienaar sedert 2012 op gereelde grondslag vir LitNet lewer. Die 12 hoofstukke se titels is die 12 maande van die jaar en elke maand het datumverwante verhale telkens met 'n regsinhoud.