n Byderwetse bloemlesing gedigte wat tieners lus gaan maak om self te dig. Dit maak geskiedenis as die eerste bloemlesing vir jongmense waarin alle Afrikaanse digters uit alle groepe se stemme sy aan sy opklink - hier's Enoch Sontanga CJ Langenhoven Mathews Phosa ID du Plessis Shawn Minnies en George Weideman.