Uit die aard van hul hoogs geheime werk heers groot geheimsinnigheid oor die Recce's maar nou het een van hulle - Koos Stadler - sy ervarings neergepen. Die boek bied 'n onthullende blik op die lewe van 'n Recce op hul amper bomenslike fisieke vermoens en kameraderie. Verwag naelbyt-aksie en dramatiese verhale.