Juan het 'n probleem. Hy is nie 'n sportman nie en nou wil Meneer Heyns he hy moet aan 'n item op die groot sportdag van die skool deelneem. Dis hoogspring of verspring en hy weet nou-al hy gaan sy span laat verloor. Daardie middag in sy pa se geheime laboratorium by die huis spring 'n vlooi op sy hand en snaakse dinge gebeur.