n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling ma van Alexander wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle hele gesinlewe ontwrig mens te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is verloor.