Daar is 'n diefstal in Ninapark! Iemand steel 'n baie kosbare armband uit die antiekwinkel. 'n Groot beloning word uitgeloof vir enige iemand wat kan help om die dief op te spoor en die armband terug te kry. Angelette Soekie en Toni besluit om die raaisel te probeer oplos en die dief vas te trek.