Na die suksesvolle verskyning van die eerste bundel, was daar heelwat versoek vir 'n tweede bundel. Pretoria Stories 2 is die resultaat van hierdie versoeke. Die keer gaan dit nie net oor Ou Pretoria nie, maar ook oor Pretoria vanaf menseheugenis tot vandag. Buiten bekende stemme is daar ook nuwe bydraes wat nie voorheen gepubliseer is nie. In totaal gooi sowat 40 skrywers hul stuiwers in die armbeurs om 'n dinamiese verskeidenheid van stories van, oor en vanuit Pretoria te vertel.