In die derde aflewering van die fantasieverhaalreeks val nog meer van die legkaartstukke vir die vier nuwe Bewakers in plek. Kali-hulle reis terug in tyd en ontmoet haar Hugenote-voorouers. Die skoolvakansie kom nader en die Bewakers moet Italie toe reis terwyl Zak alleen agterbly. Sal Kali ooit haar Bewaker-geheim met hom kan deel?