Wanneer Olivia Bailey in haar Muizenbergse huis aangeval en byna verkrag word besluit sy om afstand te kry - nie net van haar werk as joernalis nie maar ook van die Kaap. Die enigste plek waaraan sy kan dink om te gaan heel word is haar ouma se huis op Oudtshoorn.