Hierdie is 'n aand vir laastes. 'n Aand om jou kopie van The Cathcer in the Rye in jou rugsak te druk en afskeid te neem van die huis waar jou pa elke aand te diep in sy whiskeyglas kyk aan sy weermagdae terugdink en jou en jou broer verskree en opfoeter.