Elize Roodt was altyd gefassineer deur die vermoe van kunstenaars om hul emosies deur middel van hul kunswerke uit te beeld en vas te vang. Toe sy jonk was is kuns nie beskou as 'n lewensvatbare beroep nie. Sy het dus mikrobiologie gaan studeer maar was altyd besig met skeppende stokperdjies.