Jansie Ziman weet daar het iets verskrikliks met sy vrou gebeur toe sy 'n kind was. Hy weet Kleintjie het 'n berader nodig hy kan dit insien. En hy moet toegee sedert sy hierdie Wanda-vroumens begin sien het lyk dit asof daar iets van die vrag op haar skouers afgelig is.