Somtyds kry die lewe jou onder. Somtyds wonder jy waar op aarde mens moet begin om dinge te verander as daar soveel dinge verkeerd is. Miskien sukkel jy dan soos ander om steeds die ligpuntjie te sien. Steeds te hoop. Steeds jou oe gevestig te hou op die Een wat van beter weet.