Mense se soeke na goedkeuring neem epidemiese afmetings aan. Hulle voortdurende behoefte om ander tevrede te stel spruit uit gevoelens van onsekerheid en lae selfagting. Joyce Meyer deel drie verreikende stappe om hierdie verslawing te oorkom: Aanvaar wie jy is; Vat jou verslawings vas en; Breek los uit ou gedragspatrone.