Ontsluier die heelal is tans die enigste Afrikaanse sterrekundeboek en is sedert die Engelse uitgawe deeglik hersien en op datum gebring byvoorbeeld deur insluiting van bevindings van die Hubble-ruimteteleskoop sowel as die van satelliete soos die Hipparchos.