Die Ontelbare 48 is ân eenmanstuk is uit die pen van Fiësta-wenner Wessel Pretorius. Dis Woensdagaand op ân klein plattelandse dorpie in die Laeveld. Die skoolsaal word ingerig vir die maandelikse fliekaand. Agt-en-veertig dorpenaars vergader bymekaar, elkeen met sy eie storie, om The Sound of Music te kyk. Tussen hulle sit Å moordenaar met Å sluwe plan. Dit is Å mikrokosmiese blik op die alledaagse menslikheid wat ons almal, maak nie saak hoe anders ons dink of leef nie, eindelik saambind. ân Satiriese drama wat die mens se uithouvermoë vier.