Die bundel bevat 'n vyftigtal sonnette wat uitsluitlik oor heiliges handel en in die opsig aansluit by die digkuns van Sheila Cussons. Die verse is religieuse meditasies oor die lewe en werk van heiliges waarvan 'n hele aantal ook bekend sal wees vir lesers met 'n Protestantse agtergrond.